PREVIOUS ARTICLENEXT ARTICLE
MISC
By 28 January 2026 | Categories: Misc

0

VIEWING PAGE 1 OF 1

Deur Clara de Wet, Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van Uppe Marketing

Taal is ’n medium wat ons elke dag gebruik om te kan funksioneer. Dit is so integrale deel van ons soos asemhaal, dat ons nie meer aktief daaraan dink nie. Taal is iets wat onmeetbare waarde inhou, maar tog bedreig word.

Jou moedertaal is fundamenteel tot jou identiteit en is ’n natuurlike uitvloeisel in jou handel en wandel. Ons is egter geneig om te dink dat Engels die taal is wat die sleutel tot sukses inhou, totdat jy jouself in Europa bevind en agterkom dat daar eintlik heelwat lande is wat byna volkome funksioneer in hulle eerste taal, soos onder andere Griekeland, Duisland en Italië.

Daar is heelwat navorsing wat die belangrikheid van moedertaalonderrig staaf. In onlangse navorsing deur UNESCO is bevind dat 14% van kinders in die hoë LSM-lande wat moedertaalonderrig ontvang het, teen die einde van hul primêre fase waarskynlik met meer begrip sal lees as kinders wat nie in hulle moedertaal onderrig is nie. (UNESCO, 2024).

Dit laat die vraag ontstaan: Wat kan ons doen om Afrikaans as moedertaal te bewaar en te ontwikkel?  In ’n Derde Wêreld-land met 11 amptelike tale, wat kan ons op ’n mikro-gemeenskapsvlak doen om elke moedertaal te beskerm en te bevorder?

Afrikaans.com is ’n digitale tuiste vir Afrikaanssprekendes wat sowat 10 jaar gelede gestig is met die doel om die nut, diversiteit en lewenskragtigheid van Afrikaans te vier en te verken. Op die drumpel van ons tiende bestaansjaar en met die eeufeesviering van Afrikaans as amptelike taal, was daar nie ’n beter tyd as NOU nie om ’n digitale funksionaliteit te ontwikkel wat die toekoms van die taal en nut daarvan vasvang.

Afrikaanssprekendes is veel meer as net sprekers van ’n taal…

-        hulle is verbruikers (wat blootgestel word aan globale handelsmerke en gebruikerservarings).

-        hulle is gewone mense (oupas, oumas, mammas, pappas, jongmense) met belangstellings wat wyd strek.

-        hulle het blootstelling aan toestelle en tegnologie wat ver gevorder is.

-        hulle het nou meer as ooit vantevore toegang tot inligting.

Binne al hierdie realiteite is daar ook globale verwikkelinge in die manier waarop mense vir inligting soek. Van ensiklopedieë, soekenjin-soektogte tot die welbekende kunsmatige intelligensie-platforms wat ons daagliks vir alles gebruik.

Die speelveld is enorm en kompleks. Multinasionale maatskappye met diep voetspore in die tegnologiese ruimte soos Google, Apple, en ChatGPT het menslike hulpbronne met tegniese kennis en vaardighede wat eksklusief en aanhoudend werk aan die voortdurende ontwikkeling van hulle KI-funksionaliteite om dit nog meer gebruikersvriendelik en toeganklik te maak.

Verder is daar vele etiese oorwegingsfaktore en maatstawwe wat in plek gestel moet word, sodat gebruikers se inligting beskerm word, terwyl verbruikers wat die platform vir verkeerde redes wil gebruik, beperk moet word.

Afgesien van al hierdie realiteite het die droom swaarder as die realiteite geweeg en het ons voortgegaan met die ontwikkeling van die Afrikaans.ai-platform met die doel om Afrikaans as moedertaal in die tegnologiese domein te ontwikkel en meer toeganklik vir gebruikers te maak.

Dit stel ons in staat om insigte te bekom oor die behoeftes van gebruikers en om met behulp van vennote in die Afrikaanse landskap, inhoud te skep wat relevant is tot gebruikers en hulle te help om die relevante inhoud makliker op te spoor.

Die naam, Afrikaans.ai, komplementeer die inklusiewe en globale aanslag van die .com in Afrikaans.com. Daarom staan .ai vir  Afrikaanse Intelligensie – want dit is immers presies wat die platform is.

Wat maak Afrikaans.ai anders?

Die fundamentele verskil tussen Afrikaans.ai en ander KI-platforms is dat dit in Afrikaans ontwikkel is. Dit is gratis en soektogte is gratis en onbeperk. Jy kan ook hier op een plek tussen twee filters beweeg, waarvan een gefokus is op wêreldwye soektogte en die ander op kunsmatige intelligensie vir gevorderde soektogte.

Die golf van kunsmatige intelligensie is nie anders as toe sosiale media ontstaan het nie.

Aanvanklik was dit vreemd, maar vandag kan niemand ’n wêreld daarsonder indink nie (veral nie diegene wat daarsonder grootgeword het nie).

Net soos wat sosiale media bestaan uit verskillende platforms wat elkeen ’n ander doel dien, geld dieselfde vir KI-platforms wat elk ’n ander funksionaliteit bied.

Daar is nie net een nie en niemand besit dit nie – dis vir ons almal om te gebruik en te integreer binne ons bestaande bemarkingstrategieë en digitale funksionaliteit.

Solank ons wil hê dat ’n moedertaal moet voortleef, rus daar ’n onus op ons om aan te hou  skep in ’n taal – in alle domeine: akademie, tegnologie, kunste, en meer. Wanneer die sprekers van die taal makliker toegang het tot funksionaliteite wat in hul moedertaal beskikbaar is, sal die migrasie na funksies in ’n tweedetaal waarskynlik sekondêr word.

As ons kan bid, dink en droom in Afrikaans… hoekom nie ook skep in Afrikaans nie?

Bron: Unesco, 2024. International Mother Language Day: Why multilingual education is key to intergenerational learning. https://www.unesco.org/en/articles/international-mother-language-day-why-multilingual-education-key-intergenerational-learning

VIEWING PAGE 1 OF 1

USER COMMENTS

Read
Magazine Online
TechSmart.co.za is South Africa's leading magazine for tech product reviews, tech news, videos, tech specs and gadgets.
Start reading now >
Download latest issue

Have Your Say


What new tech or developments are you most anticipating this year?
New smartphone announcements (45 votes)
Technological breakthroughs (29 votes)
Launch of new consoles, or notebooks (14 votes)
Innovative Artificial Intelligence solutions (29 votes)
Biotechnology or medical advancements (24 votes)
Better business applications (160 votes)